RIVERSDAL NUUS - Die twee plaaslike spanne het Saterdag 14 April mekaar laat les opsê, hoewel dit Blues was wat Riversdal Dorp met 27-12 wen.
Blues, wat as die gunsteling beskou was, het van die afskop die krane behoorlik oopgedraai.
Beide spanne het egter die toeskouers op ‘n volgepakte stadion met pragtige hardlooprugby vermaak en hul dikwels op hul voete gehad.
Blues se B-span het ook gemaklik met 49-0 gewen.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'