RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal-polisie verwelkom vier nuwe lede wat onlangs hul basiese opleiding by Bishop Lavis suksesvol voltooi het.
Die groep, bestaande uit konstabels Jayden Michaels, Diana Oransie, Ronvin Curtes Owen en Joshua Ayesta Elia Hendriks, het op 8 Desember as volwaardige polisiebeamptes vir diens aangemeld.
Volgens die stasiebestuur bring die nuwe aanstellings broodnodige versterking vir plaaslike misdaadbekamping en gemeenskapsveiligheid.
Die vier beamptes is reeds aan die gemeenskap voorgestel en het hul dankbaarheid uitgespreek vir die voorreg om in Riversdal te dien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’