STILBAAI NUUS - Die olie is Woensdagoggend, 10 Desember, opgemerk tussen Bosbokduin en Geelkrans en die owerhede is onmiddellik in kennis gestel.
Die oorsprong kan tans nie bepaal word nie en die sterk wind help dit aan land toe.
Met Suid-Kaap Forum se besoek aan die strand by Stilbaai-Wes was 'n span van CapeNature besig om die besmette sand in sakke te skep en 'n span van Hessequa-munisipaliteit was besig om dit weg te ry.
Die gemeenskap en vakansiegangers kan gerus wees dat die owerhede werk maak van die probleem.
Indien olie buite die alreeds geïdentifiseerde gebied opgemerk word kontak CapeNature by 082 496 2522 of die beheersentrum by Hessequa-munisipaliteit by 028 713 2222.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’