HEIDELBERG NUUS - Dié dorp was Dinsdagmiddag, 9 Desember, diep geskok met die heengaan van ’n geliefde voormalige opvoeder, Nelnishia Harmse (60). Sy het vermoedelik vroeër die oggend aan huis gesterf.
Die nuus het rugbaar geword dat daar groot fout is toe ’n plaaslike inwoner en nabye vriendin op pad daghospitaal toe was, en sy wou inloer om te kyk hoe dit met Harmse gaan.
Hulle het mekaar glo nog Sondag by ’n bevestingsgeleentheid gesien.
Sy het geloop en geroep, maar geen reaksie gekry nie. Sy is toe weg daghospitaal toe en weer daar gaan klop en roep.
Nadat sy geen reaksie gekry het nie, het sy ’n ander vriendin genader en hulle is saam na die oorledene se woning.
Hulle het toe opgelet dat daar ’n klein venster oop was en het daardeur geloer. Dis toe dat hulle sien dat sy op die vloer lê.
Die plaaslike polisie is ontbied en is daar toegang tot die huis verkry.
Die ambulans asook ’n mediese dokter is ontbied.
Sy is op die toneel dood verklaar. Volgens Keeno Fredericks, plaaslike mediabeampte, word daar geen gemene spel vermoed nie.
Sy het na meer as 30 jaar in die onderwys in 2019 afgetree en sedertdien alleen in haar huis gewoon.
Sy laat haar twee dogters, Runease en Bronwyn, asook drie kleinseuns agter. Begrafnisreëlings sal later bekendgemaak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’