Update
RIVERSDAL NUUS - Die borgtogaansoeke van nege van die 12 beskuldigdes in die Vivian Hartnick-moordsaak, is weer in die plaaslike landdroshof uitgestel.
Drie van die beskuldigdes kan nie om borgtogaansoek doen nie aangesien hulle hul vorige paroolvoorwaardes verbreek het.
Die nege het gister, Dinsdag 9 Desember, vir hul borgtogaansoek in die hof verskyn.
Die aanklagte teen hulle is aanklagte van moord, ontvoering, huisroof, kwaadwillige saakbeskadiging asook die besit van gesteelde goedere.
Die saak is tot Woensdag 11 Februarie 2026 uitgestel. Geen borgtog is na ’n lang dag se verrigtinge aan hulle toegestaan nie. Hulle bly in aanhouding.
Die saak hou verband met die ontvoering en moord op die 35 jarige Vivian Hartnick, wat op Dinsdag 12 Augustus vermis geraak het nadat die 12 beskuldigdes hul woning onwettig betree en hom ontvoer het.
Sy liggaam is die volgende dag met steek en kapwonde op ’n grondpad buite Riversdal gevind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’