HEIDELBERG NUUS - Dit is verblydend om te sien dat die kerke ook ’n bydrae lewer tot die uitwissing van geslagsgebaseerde geweld deur groter bewusmaking van die euwel te kweek.
Vrydagmiddag (5 Desember) het St. Barnabas Anglikaanse Kerk se Moedersunie, in samewerking met lidmate van ander kerke, ’n staptog in Oos-Dorp gehou om hul ondersteuning aan die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme-veldtog te toon.
Die staptog is vanaf die Duivenhoks Gemeenskapsaal van stapel gestuur.
Deelnemers het plakkate gedra waarop hul misnoeë teen die euwel uitgespreek is - ’n probleem wat, ondanks vele pogings om dit in die kiem te smoor, steeds aan die toeneem is.
Die optoggangers is deur lede van die munisipale beskermingsdienste vergesel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’