Advertorial
BUSINESS NEWS - Servamus Properties gaan met nuwe energie en groot planne die jaar se einde binne. Ons is trots om ’n paar opwindende ontwikkelings met ons kliënte, vriende en gemeenskap te deel.
Nuwe kantoor - ’n splinternuwe begin
Vanaf 1 Desember 2025 verhuis ons van Wardenstraat na ons nuwe kantore by Dicksonstraat 21. Ons is baie opgewonde oor die ligging - dit bied beter toeganklikheid en meer en beter beskikbare parkeerplek vir ons besoekers.
Neem asseblief kennis dat ons kantore gesluit sal wees van 17 Desember tot Maandag 5 Januarie 2026.
Kom kuier gerus in die nuwe jaar by ons en geniet ’n koppie koffie ter viering van ’n blink toekoms.
’n Slim, PRYSBEWUSTE OPSIE - heeltemal gratis vir verkopers
Die bepaling van ’n verkoopprys kan soms ’n tameletjie wees: verkoper en agent kan nie tot ’n ooreenkoms kom nie, of ’n verkoper verwag ’n onrealistiese prys. Dit beteken dikwels dat die eiendom nie verkoop nie - of na ’n lang wag uiteindelik teen ’n baie laer prys verkoop raak.
Ons het die oplossing
Ons is geweldig opgewonde oor 'n unieke diens wat ons kan lewer in samewerking met FNB. ’n Onafhanklike waardeerder sal deur FNB aangestel word om ’n bankwaardasie op die eiendom te doen. Die proses lei tot ’n amptelike waardasiesertifikaat (geldig vir 12 maande). Dit gee ’n voornemende koper direkte duidelikheid oor die verbandwaarde wat die bank sal oorweeg indien hy/sy kwalifiseer, en help verkopers om ’n realistiese, markgerigte verkoopprys te stel - wat die kans op ’n vinniger verkoop aansienlik verhoog. Die beste van alles: hierdie diens is gratis vir die verkoper.
Skakel ons gerus om meer te hoor - daar is wel sekere voorwaardes en terme wat op hierdie diens van toepassing is.
Meer sigbaarheid vir jou eiendom
Ons aanlyn bemarkingsplatforms is uitgebrei. Buiten die bekende portale Property24, Private Property en Farms for Sale, is ons nou ook aktief op MyProperty en The Foyer Property. Vroeg in die nuwe jaar beplan ons om ons teenwoordigheid op internasionale platforms te vergroot om jou eiendom nóg verder uit te stal.
Sluit aan by die Servamus-familie
Ons span groei en ons soek nuwe lede! Of jy nuut in die eiendomsbedryf wil begin of ’n ervare agent is wat deel wil wees van ’n wenspan met mededingende glyskaalkommissies, kontak ons vandag nog. Ons brei ook ons administratiewe afdeling uit.
Stuur jou CV na lauretta@servamusproperties.co.za. Besoek ons webtuiste vir meer inligting oor geleenthede en dienste.
Ontmoet die span
Ons span is daartoe verbind om elke kliënt persoonlike aandag, kundige advies en ongeëwenaarde diens te bied.
PRINSIPAAL
Gerhardt Oosthuizen
083 310 6501
Stilbaai | Riversdal
Heidelberg | Albertinia
Gerhardt Oosthuizen
Kantoor Bestuurder
Jennifer Potterill
028 050 0169
Jennifer Potterill
Finansiële Bestuurder
Verouska Maneschijn
028 050 0169
Verouska Maneschijn
VOL STATUS AGENT
Willie Janse van Rensburg
082 492 7459
Riversdal | Stilbaai
Klein Karoo
Willie Janse van Rensburg
VOL STATUS AGENT
Piet Muir
082 551 1327
Riversdal | Stilbaai
Klein Karoo
Piet Muir
KANDIDAAT AGENT
Riaan van Wyk
073 554 3548
Riversdal | Heidelberg
Albertina
Riaan van Wyk
KANDIDAAT AGENT
Wendi Skowronek
083 658 0700
Van Wyksdorp | Ladismith
Wendi Skowronek
KANDIDAAT AGENT
George Laubscher
082 595 5376
Ladismith | Barrydale
Calitzdorp
George Laubscher
Servamus Properties - Waar diens nog saak maak
Kontak ons vandag nog by 028 050 0169 / 071 189 6553 of besoek ons gerus aanlyn by www.servamusproperties.co.za
Dicksonstraat 21, Riversdal
E-pos: servamusproperties@gmail.com

Skandeer kode vir meer inligting!

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’