RIVERSDAL NUUS - Dié dorp is Sondagmiddag, 7 Desember, erg geruk met die skielike dood van een van sy geliefste jongmanne.
Hilton Saayman (36) bekende en talentvolle potspelspeler asook ’n passievolle bankklerk het vermoedelik aan ’n massiewe hartaanval by sy ouerhuis gesterf.
Volgens sy erg geskokte en bedroefde pa, Louw Saayman, het hy en sy vrou ongeveer 13:00 van hul kerkdiens teruggekom, toe hy Hilton in sy kamer aantref.
Die ambulans is onmiddellik ontbied en is hy dood op die toneel verklaar.
Saayman noem dat die ambulanspersoneel bevestig het dat hulle geen gemene spel vermoed nie en dat alle aanduidings is dat hy aan ’n hartaanval beswyk het.
Benewens sy pa, laat hy sy ma, suster en sy jong babaseun agter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’