Die rustydtelling was 14-10 in die besoekers se guns. Die toernooi, wat vir die tweede agtereenvolgende jaar aangebied is, het op Riverville stadion tot 'n suksesvolle einde geloop. Die verrigtinge is deur Hennie Baartman (SWDRU-president), rdl. Emor Nel (Hessequa uitvoerende burgemeester) en rdl. Fred Carelse (burgemeesterskomiteelid), bygewoon. Die wedstryde is deur die SWD-skeidsregtersvereniging hanteer.
Nel het die SWDRU bedank dat hulle die toernooi so goed ondersteun en amptelike erkenning daaraan toegestaan het. Baartman het die munisipaliteit geloof vir hul bydrae om rugby in die streek te ontwikkel en te bevorder. Volgens hom het ander munisipaliteite ook vanjaar dié voor-seisoense program van die Hessequa-streek gevolg om rugby in hul onderskeie streke te bevorder.
Heidelberg, wat die toernooi verlede jaar gewen het, het in die eerste helfte saam met die wind gespeel en die spel oorheers, maar kon nie die voordeel wat hul geniet het in genoegsame punte omskep nie. Hulle het knap voor en na rustyd twee groot foute gemaak wat Blues 14 punte besorg het. In die tweede helfte het Blues se heelagter, Gladwell Josephs, die wind goed tot sy voordeel gebruik en drie skepskoppe agtereenvolgend aangeteken om die wind uit Heidelberg se seile te neem. Hy het ook twee strafdoele en twee doelskoppe aangeteken, terwyl Joshwin Bell (regtervleuel) en Joshwin van Eeden (skrumskakel) elk 'n drie gedruk het. Vir Heidelberg het Francois Pieters (regtervleuel) en Jaco Michaels (flank en kaptein) elk 'n drie gedruk, terwyl Alister Pretorius (skrumskakel) die twee drieë verdoel het.
Die B-span finaal is deur Heidelberg teen Blues met 25-16 gewen. Die rustydtelling was 22-9. Vir die wenners het Corbin Swartbooi (losskakel), Attie Geldenhuys (slot) en Bronwyn Adams (linkervleuel), elk 'n drie gedruk. Swartbooi het ook 'n straf- en doelskop bygevoeg. Martinique Riddles (senter) het met 'n straf- en doelskop geslaag. Vir Blues het Lerenzo Nkoni (stut) die enigste drie gedruk, terwyl Wilburt January (heelagter) met drie strafdoele en 'n doelskop geslaag het.
In die wedstryd om die derde en vierde plekke het Albertinia Rangers vir Riversdal Dorp met 40-12 geklop. Die rustydtelling was 17-5. Puntemakers vir Rangers was Abrie le Fleur, Sheldon Prins en Linden Saayman met een drie elk, terwyl Denver Erasmus drie drieë gedruk het. Saayman het ook met vyf doelskoppe geslaag. Vir Riversdal Dorp het Jason Donaghue en Courtney Koker elk 'n drie gedruk. André la Cock het 'n doelskop bygevoeg.
In die eerste wedstryd van die dag om die vyfde en sesde plekke het Seagulls van Stilbaai vir Arrows van Slangrivier met 22-12 geklop. Die rustydtelling was 9-8 in Arrows se guns. Seagulls se puntemakers was JC van Rensburg, Elton Riddles en Rudewaan Riddles. Adri Buys was Arrows se enigste puntemaker.
Die volgende spelers is as Man van die Wedstryd in hul onderskeie wedstryde aangewys: JC van Rensburg (Seagulls); Denver Erasmus (Albertinia Rangers); Corbin Swartbooi (Heidelberg) en Gladwell Josephs (Blues). Josephs is ook as die Speler van die Toernooi aangewys.

Gladwell Josephs, Blues heelagter, het met uithalerspel beide die Man van die Wedstryd, sowel as Speler van die Toernooi titels ingepalm. Rdl. Emor Nel oorhandig sy trofee, terwyl Ampie Moses, Blues voorsitter, bystaan.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'