HEIDELBERG RUGBYNUUS - Terwyl die meeste dorpe na 'n bietjie klubrugby smag, het Heidelberg besoek van 'n WP 15-tal gekry wat in 'n opwarmingswedstryd teen 'n SWD 15-tal op Heidelberg kom speel het.
Daar was streng maatreëls: geen toeskouers was toegelaat nie, die pad voor die paviljoen was afgesper en sekuriteitspersoneel was oral te sien.
Die wedstryd was inderdaad 'n oefenlopie vir beide spanne.
Spelers was deurlopend in verskeie posisies geskuif, terwyl van die bank af gereeld vars spelers ander vervang het.
En agter die draad, 'n ent van die veld af, kon die rugbydorstiges darem ietsie te siene kry van hul geliefde spel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'