RIVERSDAL NUUS - Vir Hoërskool Framesby se rugbyspanne (Gqeberha) was hul Riversdal-besoek die afgelope Saterdag nie 'n goeie dag op kantoor nie.
Hoër Landbouskool Oakdale se Bulle het vyf van hul ses wedstryde gewen en in die hoofkragmeting van die dag - dié tussen die twee o.19A-spanne - die besoekers met 75-0 afgeslag.
Van die afskop was dit duidelik dat die Framesby tweede viool gaan speel, veral toe Oakdale binne die eerste minuut vir hul eerste drie deurgedraf het.
Daarna het die Bulle met eentonige reëlmaat die drieë ingeryg en spel, veral voorlangs oorheers.
Ná rustyd het Framesby hul verdediging opgeskerp en die Bulle vir goed 20 minute in toom gehou. Maar toe breek die damwal en stoom Oakdale oor die besoekers.
Die ander uitslae is o.19B (41-12), o.19C (60-5) o.19D (70-0), o.16B (32-5), maar Framesby se o.16A's het darem met 17-11 gewen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’