HESSEQUA NUUS - Die derby tussen Seagulls en Albertinia Rangers in Melkhoutfontein is ongetwyfeld die hoogtepunt op die naweek se rugbykalender.
Seagulls draf op as die gunsteling. Melkies se spogspan gee tans die pas aan in die Super B-liga met Albertinia in die derde plek.
Twee taai wegwedstryde wag in George op Heidelberg en Riversdal Blues. Heidelberg speel teen Crusaders terwyl die Blues in die Rosemoor-stadion teen Progress te staan kom.
Heidelberg is die voorloper in die Super A-liga en behoort die tuisspan om te klink. Riversdal Blues (11de) en Progress (9de) sukkel albei, maar hier kan 'n gelykopstryd verwag word. Die Blues moet nie sommer afgeskryf word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’