Gallery
HEIDELBERG NUUS - Heidelberg het die eindstryd van die SWD-rugbyunie se Super A-klubliga gehaal deur Evergreens verlede Saterdag in die Pacaltsdorp-stadion in George met 18 - 13 te klop.
Heidelberg was met rustyd met 13 - 8 voor.
Die besoekers se agttal het in die eerste helfte die botoon gevoer en Evergreens veral in die skrums opgedreun. Die sterk wind het die ingooiwerk in die lynstane erg bemoeilik, maar selfs hier het Heidelberg beter as die tuisspan gevaar met akkurate ingooie.
FOTOGALERY: Heidelberg haal klubrugbyeindstryd
In die laaste kwartier van die wedstryd het Evergreens verbete aangeval, maar Heidelberg het met rotsvaste verdediging daarin geslaag om die tuisspan se aanvalle te stuit.
In die laaste paar minute het Heidelberg weer beheer oorgeneem en Evergreens se doellyn met mening aangeval.
Foto: Hugo Redelinghuys
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’