HEIDELBERG NUUS - Beide rugbyspanne van Zoar United is Saterdag 29 Julie deur die plaaslike rugbyklub in hul laaste tuiswedstryde platgevee en triomfeer met seges van 73-10 (A-span) en 46-0 (B-span).
Die rustydtelling in die SWDRU Presidentsliga (Langebergstreek) wedstryde was onderskeidelik 19-10 en 22-0.
Dit was duidelik dat die Heidelbergers hul stempel wou afdruk om hul momentum vir die halfeindstryd te behou en geen genade is aan die besoekers betoon nie.
Die eerstespan, wat die klub en dorp se hoop is om vanjaar as kampioene gekroon te word en volgende jaar in die Premierliga mee te ding, het die krane behoorlik in die tweede helfte oopgedraai. Hulle ryg altesaam 11 drieë in.
A-span puntemakers
Heidelberg: Drieë - Gershom van Rooyen x2 (linkervleuel) en Fernell Pretorius x2 (plaasvervangerflank), Andries Manho (senter), Martin Harnick (flank), Simon du Toit (slot), Lindon Hartnick (plaasvervangerflank), Marcel Marais (plaasvervanger skrumskakel) en Corbin Swartbooi (heelagter); doelskoppe - Swartbooi x9.
Zoar: Drie - Justin le Roux (skrumskakel); doelskop - Marklin Petersen (losskakel); strafskop - Petersen.
B-span puntemakers
Heidelberg: Drieë - Hughgan Meyers x2 (slot), Carlin Wewers (agsteman), Brandon Human (flank), John Situkuthezi (stut), Laughton Peterzen (haker), Carlet September (stut) en Kosie Vaaltyn (plaasvervanger heelagter); doelskoppe - Carlo Williams x2 (linkervleuel) en Bronwille Adams (regtervleuel).
Zoar se puntemakers was teen spertyd nie bekend nie.
ARTIKEL & FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'