STILBAAI NUUS - Heibi's het Saterdag 3 Februarie skoonskip gemaak in Melkhoutfontein toe hulle aldrie wedstryde teen Seagulls gewen het.
Alhoewel dit vriendskaplike wedstryde was het almal hulle beste gegee en dit het tot aanskoulike rugby gelei.
Nadat Heidelberg A rustyd met 12 - 3 voorgeloop het, het hulle die wedstryd gewen met 26 - 10.
Nadat die B-spanne nog geen punte op die telbord gehad het teen rustyd nie, het Heidelberg die wedstryd beklink met die eindtelling 12 - 0.
In die C-spanne se wedstryd het Heidelberg 7 - 0 voorgeloop rustyd en hulle wen toe uiteindelik met 21 - 10.
Saterdag 10 Februarie besoek Multisure Crusaders Melkhoutfontein en dit beloof om opwindende rugby op te dis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’