HEIDELBERG NUUS - Heidelberg het gister, Saterdag 7 September, in 'n naelbyt-halfeindstryd teen Bridgton van Oudtshoorn en met 38 - 31 gewen.
Heibi het met rustyd met 16 - 5 voorgeloop.
Die aksiebelaaide wedstryd is in die doodsnikke, met sekondes oor, in die tuisspan se guns beklink toe Jameson Meyer, wat van linkervleuel tot skrumskakel geskuif is, gaan druk het.
In die eerste wedstryd van die dag tussen die derde spanne het Barbarians die tuisspan met 16 - 13 geklop nadat die besoekers 3 - 0 rustyd voorgeloop het.
In die wedstryd tussen Heibi en Bridgton se tweede spanne het die tuisspan met 41 - 24 koning gekraai nadat hulle rustyd met 17 - 5 gedraai het.
Heibi speel Saterdag 14 September vir die tweede agtervolgende jaar in die eindstryd teen Groot-Brakrivier nadat laasgenoemde vir Blanco naelskraap met 25 - 19 geklop het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’