RIVERSDAL NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale het Saterdagmiddag (13 April) op eie bodem teen Hoërskool Stellenberg kragte gemeet.
Oakdale het gemengde welslae behaal deur 8 van die 19 kragmetings te wen, een was gelykop en in 10 was die Kaapse besoekers aan die wenkant.
Die Bulle se o.19-spanne het al hul wedstryde gewen met die A-span wat, ná 'n taamlik gelykopstryd, die knoop met 29-22 kon deurhak.
Vir Oakdale het sy puik heelagter Waylon Kortjie twee drieë gedruk en Jannes Snyman (flank) en Kai Pratt (stut) elkeen een drie. Kurt Coetzee (senter) het met drie doelskoppe en 'n strafskop nege punte bygedra.
Die o.14A-span was ook met 10-3 aan die wenkant.
In nog 'n wedstryd, teen Gerrit du Plessis Senior Sekondêr, het Oakdale se o.19 G's met 7-5 geseëvier.
Die uitslae was as volg:
o.14A wen 10-3; o.14B gelykop 0-o; o.14C wen 42-0; o.14D verloor 14-8; o.14E verloor 7-5; o.15A verloor 14-8; o.15B verloor 22-0; o.15C verloor 14-10; o.15D verloor 35-22; o.16A verloor 20-12; o.16B verloor 8-5; o.16C verloor 24-14; o.16D verloor 19-0; o.19A wen 29-22; o.19B wen 19-13; o.19C wen 8-0; o.19D wen 14-3; o.19E wen 57-5; o.19F wen 38-0; o.19G vs Gerrit du Plessis wen 7-5.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’