RIVERSDAL RUGBY NUUS - Blues-rugbyklub het Saterdagaand 12 Oktober hul jaarlikse prysuitdeling in die Riverville-stadion gehou.
Die aand is met 'n gebed en Bybelversies deur Nicky Juta geopen, waarna spelers met medaljes, sertifikate en trofees vir hul prestasies tydens die 2019-rugbyseisoen vereer is.
Spelers wat erkenning ontvang het is Kerwin Abrahams (beste voorspeler B-span); Marchelino Komet (beste agterspeler B-span); Marico Raddloff (beste voorspeler A-span); Tashwall Tarentaal (beste agterspeler A-span); Deon van Eden (beste opkomende speler) en Lluwellen Jantjies (mees toegewyde speler). Farouk Farland is as sportman van die jaar aangewys.
Van links: Marico Radloff, Deon van Eden, Farouk Farland, Tashwall Tarentaal en Marchelino Komet. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'