STILBAAI NUUS - Seagulls Rugbyklub van Melkhoutfontein het Vrydagaand 19 April ontvangs geneem van opwarmingshemde, skopkegels en rugbyballe wat aan hulle geskenk is.
Angelo Erasmus van Engen Stilbaai het die opwarmingshemde oorhandig en dan het Alison Bryant, Renee Davids en Gavin Kleinhans rugbyballe geskenk, terwyl Renee ook skopkegels aan die klub oorhandig het.
Marlin Jansen, voorsitter van Seagulls, het dit met groot dank ontvang en genoem dat die welwillendheid van besighede en individue uit die gemeenskap hulle harte warm laat klop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’