RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues-rugbyklub se algemene jaarvergadering vind op 18 November plaas.
Die verrigtinge sal in die Riverville-saal gehou word en begin om 19:00.
“Belangstellendes, spelers en bestuurslede is welkom om die vergadering by te woon,” nooi Nicky Juta van die klub. “Ons maak staat op u teenwoordigheid.”
Die vergadering sal streng volgens Covid-19-protokol plaasvind.
Vir meer inligting of enige navrae kan Pieter Herling (076 595 9584), Nicky Juta (076 362 2648) of Liezle Saayman (061 722 7086) geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'