Die Hoër Landbouskool Oakdale het opnuut sy belangrike bydrae tot SWD-skolerugby beklemtoon met die insluiting van twintig spelers in die onderskeie SWD-spanne.
Oakdale afrigters en spelers verdien lof vir hul harde werk, toewyding en liefde vir die spel.

Oakdale SWD o.16 Grant Khomo-span is agter van links Marko van der Merwe, WP van Heerden, Hanno Olivier en Daniël Victor. Voor is Zinedine Booysen, Xavier Swartbooi, Darren Adonis en Nickolas van Eeden.

Oakdale SWD o.18 Cravenweek-spelers is agter van links JT Jackson, Adré Smit, SW Odendaal en Armand Heunis. Voor is Boeta Hamman, Vogien Talmaggies en Ruan Barnard.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'