RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal Blues se sukkelseisoen wil maar net nie vlamvat nie. Hier en daar is daar 'n paar belowende opflikkeringe net om weer soos mis in die niet te verdwyn.
Verlede Saterdag was nog 'n afdag op kantoor toe Blanco hom op sy tuisveld met 20-13 geklop het.
Die Blues sal hul sokkies behoorlik hoog moet optrek met die hervatting van die Super A-liga op 1 Julie in die Riverville-stadion wanneer hy Barbarians aandurf. Dis nog 'n taaie wat voorlê.
Barbarians lê tans in die sesde plek op die punteleer met die Blues heel onder in die 12de plek.
Heidelberg gee die pas aan in die eerste plek met 42 punte. Seagulls (2de) en Albertinia Rangers (3de) is nog stewig geplaas in die Super B-liga.
Daar is geen klubrugby dié komende naweek maar spel word weer op 1 Julie hervat.
Jeremy Michaels gaan op loop met die bal met 'n horde spelers wat hom volg. Blanco het die wedstryd met 20-13 gewen.
Donovan Petersen dop 'n speler van Blanco om met die bal terwyl André Spochter (regs) sake mooi dophou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’