RIVERSDAL NUUSFLITS - Blues se A-span het Ladysmith Saterdag 5 Mei ’n behoorlike drag slae gegee en die wedstryd met 62-20 gewen.
Hoewel Riversdal Blues met ’n verswakte A-span gespeel het, is die tuisskare met pragtige hardlooprugby vermaak. A-span puntemakers was Delano Jacobs, Andrew Jacobs, Gavin Kortje, Mattlin Fielies, Johnny Elbrink, Derick Daniels en Austin Sefoor.
Blues se B-span het 11 drieë aangeteken en die wedstryd met 74-3 gewen. Die B-span se puntemakers was Heinrich Abrahams, Dawid Fransies, Jossie van Eden, Pat Flink, Michael Hendricks, Nikki Sedi, Joniel du Plessis en Peter Jansen. Deon van Eeden is as speler van die wedstryd aangewys.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum een aanlyn.
Hier is Riversdal Blues se B-span met hul nuwe hemde.
Riversdal Blues A-span spog ook met hul nuwe hemde.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'