RIVERSDAL RUGBY NUUS - Riversdal Blues het hul tweede ronde op 'n hoë noot begin deur die Ladismithers in 'n wegwedstryd op Saterdag 2 Junie met 36-24 te wen.
Blues het nie 'n voet verkeerd gesit nie en met pragtige hardlooprugby die tuisskare se neuse lelik laat toetrek.
Die voorspelers het hul goed van hul taak gekwyt. Agterlangs was dit weer agterspeler, André Jacobs, wat die afrigters se aandag getrek het met sy balvaardigheid.
Die tuisspan se agterspelers het hul hande vol gehad wanneer die sterk vleuel van Blues op die aanval was. Hy het twee pragtige drieë gedruk. Mathlan Fielies het weer uitgestaan onder die voorspelers en het self twee pragtige drieë aangeteken. Blues het ses drieë in die wedstryd aangeteken en weereens met 'n bonuspunt teruggekeer.
Blues se B-span het redelik goed gevaar in hulle wedstryd en ook met 33-3 gewen. Byron Esau wat uitgesonder word deur sy afrigters het 'n goeie wedstryd gehad saam met sy senior spelers.
Die B-span het bietjie lank gevat om aan die gang te kom, maar met tyd het hulle baie beter in die lynstane en die skrums vertoon. Hulle is nog steeds onoorwonne in hul afdeling en staan op die oomblik met 44 punte op die punteleer.
Riversdal Blues beat Ladismith 36-24 in an away game on Saturday 2 June. The A-team scored six tries. The B-team won 33-3. Mathlan Fielies was one of the forwards that stood out for the A-team and Byron Esau from the B-team.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'