Update
SLANGRIVIER RUGBY NUUS - Arrows-rugbyklub het Saterdag 6 Julie op hul tuisveld net-net daarin geslaag om Black Birds van Vanwyksdorp in die doodsnikke met 26-22 te wen.
Die rustydtelling in die SWDRU Lange-bergliga was 14-3 in die tuisspan se guns.
Die wedstryd wat in baie winderige toestande gespeel is, het vanaf die afskop teen 'n hoë tempo begin.
Die sterk wind het baie bewegings gekniehalter en het vir ietwat slordige spel gesorg, hoewel albei spanne ook ongedwonge foute op kritieke tye gemaak het.
Arrows se vier drieë het aan hulle 'n bonuspunt besorg.
Die besoekers se tweede span het die septer geswaai en met 22-13 gewen na hulle rustyd met 17-8 voorgeloop het.
Arrows het 'n skenking van R10 000 van Hessequa-munisipaliteit ontvang. Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het die tjek aan David Meyer (Arrows-voorsitter), Mike Amos (hoofborg) en bestuurslede oorhandig. Gerald Boezak, raadslid vir wyk 4, was ook tydens die oorhandiging teenwoordig.
Puntemakers
A-spanne
Arrows: Drieë - Martinique Pretorius (regtervleuel), Angelo Hoogbaard (senter), Leonard Manuel (heelagter) en Aden Davids (plaasvervanger slot). Doelskoppe - Frankwin Booysen (skrumskakel, x2) en Lucien Lewak (linkervleuel). Black Birds: Drieë - Donovan Jacobs (agsteman), Arno Pretorius (skrumskakel) en Alfredo Louw (regtervleuel). Doelskoppe - Hiram Lewak (losskakel, x2). Strafdoel - Lewak.
B-spanne
Arrows: Drieë - Curlin Esau (haker) en Alister Lotz (senter). Strafdoel - Adrian Michaels (skrumskakel). Black Birds: Drieë - Elaizel Makrige (senter), Vernon Petersen (flank) en Alfredo Louw (regtervleuel). Doelskoppe - Donrico Volmink (losskakel, x2). Strafdoel - Volmink.
Burgemeester Grant Riddles (middel) staan by die spelers van Arrows-rugbyklub. Aan sy regterkant is David Meyer en Mike Amos. Gerald Boezak is sewende van links. Foto: Clive Pretorius, korrespondent
Lees 'n vorige artikel hier: Black Birds ontwyk Arrows te min
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'