SLANGRIVIER RUGBY NUUS - Arrows-rugbyklub van Slangrivier het Saterdag 6 Julie net-net daarin geslaag om Black Birds van Vanwyksdorp in die doodsnikke met 26-22 te klop.
Die rustydtelling in die SWDRU Langebergliga was 14-3 in die tuisspan se guns.
Die wedstryd wat in baie winderige toestande gespeel is, het vanaf die afskop teen ’n hoë tempo begin.
Spel aan beide kante was ietwat slordig as gevolg van die wind wat baie bewegings gekniehalter het.
Beide spanne het egter ongedwonge foute op kritieke tye gemaak en sodoende kanse om punte aan te teken verloor. Verkeerde keuses het ook bygedra dat baie aanvalle nie op punte uitgeloop het nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'