Die wedstryde vir die dag het uitstekende rugby opgedis. Die Barbarians van Mosselbaai het gewys dat die premierliga van die SWD nie kinderspeletjies is nie en aldrie hul spanne wen met welslae.
Die organiseerders, onder leiding van mnr. Nicky Juta het dit duidelik gemaak dat die toernooi samewerking en goeie kameraadskap onder besture en spelers gebring het. "Ek wil alle klubs baie sterkte toewens vir die ligas wat 6 April begin," het Juta bygevoeg.
Die uitvoerende burgemeester, rdl. Emor Nel het met trots vermeld dat die toernooi gemeenskappe in Hessequa byeengebring het en dat dit van krag tot krag kan gaan. Die organiseerders bedank alle belanghebbendes vir hul bydrae tot die sukses van die toernooi.
Die Hessequa streekspan met hul nuwe truie. Foto: Heinrich Fortuin.