HEIDELBERG RUGBY NUUS - Die eerste rugbywedstryd tussen Heibi en Barbarians van Mosselbaai in die SWDRU Superliga A op Saterdag 7 Maart was maar rampspoedig vir die Heidelbergers.
Die A-span het met agt elk gelykop gespeel, terwyl die B- en C-spanne verloor het.
Heibi se volgende wedstryd is Saterdag 14 Maart op hul tuisveld teen George.
Julian Buis (links) ontvang waterbottels vanaf Cynrol Saayman.
Lindon Hartnick maak gereed om die bal te ontvang en ’n aanval te loods.
Marcel Marais van Heibi staan reg om die bal in die skrum in te voer terwyl Morné Buis van Baabaas sake fyn dophou.
Die bal is op die punt om uitgegee te word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'