Gallery Update
SLANGRIVIER NUUS - Arrows-rugbyklub het Vrydagaand, 29 Januarie hul voorseisoense modeparade as fondsinsamelings-inisiatief in die plaaslike gemeenskapsaal aangebied.
Maryke Hoogbaard is as Mej. Arrows 2018 aangewys en Adriana Philander is as Mej. Persoonlikheid gekroon.
Die ondervoorsitter, Cathy Lotz-Esau, het as seremoniemeester opgetree.
Die voorsitter, David Meyer, het die geleentheid gebruik om almal vir hul ondersteuning te bedank asook die borge onder andere die hoofborg, Michael Amos, vir die borg van die truie en Louis Lotz wat aangebied het om 60 spelers se aansluitingsfooi te betaal.
Ter afsluiting het die spelers hul nuwe truie en uitrustings aan hul ondersteuners ten toon gestel.
Lees 'n vorige artikel: Arrows kies mooistes
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'