SLANGRIVIER NUUS - Maryke Hoogbaard is as Mej. Arrows 2018 aangewys, met Adriana Philander wat met die Mej. Persoonlikheid-titel gekroon is.
Die ondervoorsitter, Cathy Lotz-Esau het as seremoniemeester opgetree.
David Meyer, voorsitter, het almal vir hul ondersteuning aan die klub bedank.
Hulle het ook van die geleentheid gebruik gemaak om hul borge, veral Michael Amos, hul hoofborg met hul truie, asook Louis Lotz wat aangebied het om 60 spelers se aansluitingsfooi te betaal.
Beide het Amos (afwesig) en Lotz uitgesonder vir hul bydrae om die klub te help uitbrei.
Ter afsluiting het die spelers hul nuwe truie en uitrustings aan hul ondersteuners ten toongestel.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'