RIVERSDAL NUUS - Die tradisionele Oakdale-Akkerfees word gedurende die naweek van 10 en 11 Junie op die terrein van Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal aangebied.
Die Akkerfees is veral bekend vir die sportdag op Saterdag waartydens 20 rugbywedstryde teen Paarl Gimnasium gespeel sal word.
Rondom die sportvelde sal verskeie kosstalletjies, coffee shop en uitstallings tot 'n feestelike atmosfeer bydra.
Die tradisionele groente-, vrugte- en vleisverkope sal op die grasperk voor die skoolsaal geskied. Vooraf vleisbestellings kan by die skool geplaas word.
Skakel die skool by 028 713 2549 vir verdere navrae.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'