STILBAAI NUUS - Die jaarlikse Stilbaai Touchies het op 26 Desember ‘n rekordskare by die riviermonding aan die oostekant getrek as die sesde been van dié somerreeks se Wit Warm Touchies-reeks wat uit agt byeenkomste bestaan het.
Met 40 minute-wedstryde wat op verskeie bane plaasgevind en belangstellendes en ondersteuners wat ‘n sonskyndag langs die bane spandeer het, was dit weereens ‘n gesellige dag met 48 spanne wat aan die Stilbaai-been van die reeks deelgeneem het.
Een van die hoogtepunte van die dag was die besoek van vier van die Stilbaai veteraanspanne met legendes soos Rob Louw, Hawies Fourie en Alewyn Vorster wat van regoor die land gekom het om aan die 40ste verjaarsdagwedstryde deel te neem.
Nog ‘n hoogtepunt was die verkiesing van Mej. Touchies en vanjaar was dit die plaaslike René de Bruyn wat met die kroon weggestap het.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'