HESSEQUA NUUS - Hierdie gimnaste van Zest Ritmiese-gimnastiekklub in Riversdal en Stilbaai het van 1 tot 4 Oktober aan die SA kampioenskap in Pretoria deelgeneem en sommer heel skaflik gevaar.
Simoné Brits en Kaylin Strydom het beide silwermedaljes vir vlak 5 en vlak 8 onderskeidelik behaal terwyl Anke Gildenhuys en Larize Brits bronsmedaljes vir vlak 6 en vlak 8 ingepalm het.
Die gimnaste word deur Georgine Heenop en Cassidy Jansen afgerig.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'