WITSAND NUUS - Die Witsand Port Beaufort-rolbalklub het Saterdag 18 Mei 'n Pro 10-toernooi aangebied waaraan die plaaslike lede deelgeneem het.
Die dag is deur lieflike sonskyn gekenmerk en die spelers kon hulself op die rolbalperk uitleef.
Spanne van twee het op 'n rondomtalie basis plaas teen mekaar meegeding.
Jenni Muir en Rean Smuts het die toernooi gewen met Marianne Uys en Radie Rademeyer die naaswenners. Nico Uys en Jan Storm het die derde plek ingeneem.
Die wenners gaan Witsand nou in die Overberg-toernooi verteenwoordig waarna die wenners na die Bolandse streekskompetisie deurdring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’