Gallery
STILBAAI NUUS - ‘n Rekordaantal inskrywings is vir die 2017 NSRI 10km-wedloop op Oujaarsdag in Stilbaai ontvang, met ongeveer 1 200 deelnemers wat die roete op ‘n sonnige dag aangepak het.
Dit is die 11de keer dat dié wedloop aangebied word as die NSRI Stasie 31 se grootste fondsinsamelingsprojek.
Soos in 2016 was die Riversdalse atleet, Leon Adams weer eerste by die einde en wel met ‘n tyd van 37min 28s, terwyl Elmarie Goodchild, ‘n vakansieganger van Bloemfontein wat ook met die vorige byeenkoms gewen het, weer met die louere as die eerste vrou weggestap het. Haar tyd was 46min 32s.
Ander wenners sluit in Steenekamp (Groot Meester Mans); Styntjie Prins (Groot Meester Dames); Tommy Hanekom (Meester Mans); Tereta Lourens (Meester Dames); Adam Clark (Veteraan Mans); Ursula Turck (Veteraan Dames); Isabelle du Plessis (Junior Dames) en Ruben VIljoen (Junior Mans).
Die volledige uitslae sal beskikbaar wees op www.stilbaai10km.com.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'