HESSEQUA MOTORSPORTNUUS - Die vyfjarige Lea Havenga van die Mega Oval Kleinplasie-klub het Saterdag, 19 Junie 'n algemene derde plek in die Ninja Midget-klas op Worcester behaal. Sy beskik oor 'n volledige Womza-lisensie.
Uit haar vyf byeenkomste behaal sy twee derde plekke en drie vierde plekke.
"Ons is ontsettend trots op haar en glo dat sy op hierdie prestasies sal voortbou wanneer die nuwe seisoen aanbreek," het die voorsitter, JD van der Berg gesê.
Volgens Van der Berg begin die nuwe seisoen in September en in hierdie tyd gaan hulle voorberei en oefening inkry waar hulle kan.
"Ons wil graag baie dankie sê vir elke persoon en borg wat haar ondersteun en dit elke keer moontlik gemaak het om te kan deelneem."
Lea het al 'n hele kas vol trofees in haar jong leeftyd vergader.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'