ALBERTINIA NUUS - 13 karatekas van die Dragon Suburbs SA JKA-karateklub van Mosselbaai en Albertina het Vrydag en Saterdag, 19 en 20 Mei aan die Suid-Afrikaanse karate kampioenskap deelgeneem en goeie prestasies behaal.
Die deelnemers het gesamentlik 14 medaljes verower, met vier lede wat dubbel goud gekry het.
Anro Fourie, Dyllan van der Merwe, Ziaan Pelzer, Cornelius Lewak en Damion Koen het hulle Suid-Afrikaanse kleure verwerf.
Die eienaar en afrigter van die klubs in Mosselbaai en Albertina, sensei Shaun Kapp wat 'n vyfde dan in JKA-karate het, het gesê hy is trots op die studente wat deelgeneem het. "Baie dankie aan elkeen se opofferings en deelname."
Die klub oefen Maandae en Woensdae. Ouderdome vanaf vier jaar is welkom. Vir meer inligting, skakel Kapp (072 113 2097).
Uitslae
- Damion Koen (1 x goud),
- Ziaan Pelzer (2 x goud),
- Morgan Maritz (1 x brons), .
- Gabriella October (1 x brons),
- Anro Fourie (2 x goud),
- Dyllan van der Merwe (2 x goud),
- Veronique Esterhuysen (1 x silwer),
- Cornelius Lewak (2 x goud),
- sensei Shaun Kapp (1 x silwer)
- Charl Jacobus (1 x brons).
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'