STILBAAI NUUS - 'n Entoesiastiese groep voornemende lewensredders is gereed om hul eksamen aan te pak.
Die Hessequa Surf Lifesaving Club se eerstejaarsgroep het Saterdag 16 November op Lappiesbaaistrand en by die riviermond hul finale voorbereidings vir die komende toetse afgehandel.
Kwalifiseringseksamens sal tydens die naweke van 23 en 30 November op Mosselbaai afgeneem word.
Volgens een van die klub se eksaminators, Pieter Sambo het hulle by die riviermond onder meer geoefen om 200 m te hardloop, 300 m te swem en direk daarna weer 200 m te hardloop, alles in minder as 10 minute. Daarna moes hulle inswem om 'n 'drenkeling' te bereik, die persoon op 'n waterdraagbaar laai en met hom uitswem.
Op Lappiesbaai het eksaminator en klubkoördineerder Jaco Arendse die groep in teorie soos mond-tot-mond asemhaling gedril.
Voor is Standon Wait met die oefenpop Ann. Agter, van links: Codian Michaels, JP Kellies, Peter-Jame Wait, Morné Fuls, Jaco Arendse, Mondray Arries, Chandré Damons en Tahwidah Moosa. Foto: Deona Aucamp
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'