STILBAAI NUUS - Die immergewilde Stilbaai Rolbalklub aksierolbal toernooi, die tweede van 2024, het Donderdagaand 24 Oktober afgeskop met 22 spanne wat dit oor die volgende ses weke gaan uitspook om te bepaal wie die wenners gaan wees.
Gaan die vorige toernooi se wenners, Die Buffels, dit weer doen of word hulle uitgedaag deur Don't Give A Duck, Ben Vorster se veelkleurige goudgeel eendjie span?
Met name soos Super Hot Cherries, Fireballs, Ninja Turtles, Snipers en The Hot Dogs en talle ander is die kompetisie op hierdie stadium nog wawyd oop en elkeen van die 22 spanne staan 'n kans om gekroon te word as wenners, of dalk die span met die beste drag en natuurlik is daar ook 'n prys vir die beste gees.
Moenie Donderdagaande se pret mis nie en kom ondersteun jou gunstelingspan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’