HEIDELBERG NUUS - Die gedugte Tigers-potspelklub van Riversdal is Sondag 8 April in hul spore deur Pro Stars gestuit met laasgenoemde se oorwinning van 19-17.
Die wedstryd is by Pro Strars se tuiste in 'n baie goeie gees gespeel.
Die tuisspan se C-span het met 8-4 gewen, terwyl Tigers se B-span die bordjies met 8-4 verhang het. Dit het die atmosfeer vir 'n spannende hoofwedstryd voorberei en het die tuisspan die stryd naelskraap met 7-5 gewen.
Rowan Hine is as die speler van die wedstryd aangewys.
Pro Stars het met hul nuwe T-hempde gespog, geborg deur Koos en Rina Hartnick.
Pro Stars spog met hul nuwe hemde voor hul wedstryd teen die Tigers van Riversdal. Hul borge, Koos en Rina Hartnick (agter, heel regs) staan by. Foto: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'