STILBAAI NUUS - 'n Hengelaar van dié kusdorp en sy spanmaat van Weskus, Willie Welman en Albert Thurling, het vanjaar geskiedenis gemaak deur algeheel tweede in die senior manspare-afdeling van die vierde Sporthengel-wêreldkampioenskap.
Die geleentheid is bekend as die Fips Mer-wêreldkampioenskap en het vanjaar van 9 tot 16 Februarie in Suid-Afrika plaasgevind. Fips Mer is die seehengelafdeling.
Altesaam 1 800 hengelaars van 51 lande het aan alle fasette van die toernooi deelgeneem.
Die amptelike opening het Saterdag 9 Februarie op Mandelaplein in Sandton, Johannesburg plaasgevind. "Al die deelnemers het met hul wapperende landsvlae na die Sandton-konvensiesentrum marsjeer vir die amptelike openingseremonie," vertel Welman.
Hulle het by Langebaan en omgewing deelgeneem. "Die Suid-Afrikaanse deelnemers in hierdie kategorie kon sedert 2000 geen hond haaraf maak nie.
Uitslag - senior manspare
1.Duitsland
2.Suid-Afrika
3.Engeland
4.Spanje
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'