EDEN-DISTRIK NUUS - Stilbaaiers het uitstekend gevaar tydens die tweede winterliga van die Eden Hengelassosiasie gedurende die naweek van 14 en 15 Julie tussen Witsand en Stormsrivier.
Stilbaai Barbarians het die beste gevaar met 124.71 punte; Willie Welman word as die tophengelaar van die dag aangewys met 114.33 punte; die topmeester was Willie Vorster met 8.14 punte en die topdame Marriette Westraadt met 1.25 punte, almal van Stilbaai-hengelklub.
Welman trek boonop die swaarste oneetbare vis, 'n sloephaai van 34,11 kg uit.
Die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 3,1 kg is deur Luan Els van Triton-hengelklub gevang. Die totale massa vis gedurende die kompetisie was 330,28 kg en 58 hengelaars het deelgeneem, waarvan slegs 34 suksesvol punte kon aanteken.
Stand van klubs
(posisie, klub, totale gewig)
1. Stilbaai Barbarians, 156.01;
2. George Wortels, 93.03;
3. Stilbaai Stilmonsters, 68.75;
4. Triton Woelwaters, 56.22;
5. Triton Ninjas, 51.55;
6. Stilbaai Silent Assasins, 48.62;
7. Outeniqua Clutch Cables, 48.45;
8. George Kadette, 47.98;
9. George Ratels, 31.17;
10. Atlantic Bluefins, 18.64;
11. Outeniqua Spottys, 17.50;
12. Stilbaai Span Solo, 9.44;
13. Atlantic Fishfinders, 8.02 en
14. Mosselbaai Otters, 6.03.
Die volgende winterkompetisie vind op 5 Augustus plaas.
'Ons bring jou die nuutste Eden, Tuinroete nuus'