STILBAAI NUUS - Jacques en Mirjam Breedt was van een tot drie November in Barcelona by die wêreldkampioenskappe van die International Fitness and Bodybuilding Federation waar hulle puik presteer het in die fiksheidsafdeling.
In die individuele kompetisie wat Vrydag 1 November plaasgevind het, het Jacques 'n silwermedalje verower in die meesters-afdeling en Mirjam was vierde in die ope-afdeling.
Saterdag het hulle aan die pare kompetisie deelgeneem en daar het hulle vyfde geëindig in die ope-afdeling.
Sondag die derde November het hulle twee en nog 'n man en vrou Suid-Afrika verteenwoordig in die spankompetisie en hulle het weggestap met 'n bronsmedalje.
Om in drie strawwe dae namekaar so te presteer moet jy superfiks en gefokus wees.
Hulle het maar eers in Juniemaand aan hierdie spesifieke dissipline begin deelneem en het net twee toernooie gehad voor Barcelona, wat dit nog meer spesiaal maak.
Met die ervaring wat hulle hierdie jaar opgedoen het kan groot dinge van hulle verwag word in die toekoms.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’