STILBAAI SPORT NUUS - Twee spanne van die plaaslike rolbalklub het skoonskip gemaak tydens hul jaarlikse Spar Dames rolbaldag deur eerste en tweede plek te verower.
Heidelberg het in die derde plek geëindig.
'n Totaal van 12 spanne het ingeskryf, waaronder twee spanne van Groot-Brakrivier, sowel as spanne van Bonnievale, Heidelberg en Riversdal wat in heerlike sonskynweer mekaar behoorlik uitgedaag het.
Drie wedstryde is gespeel en vriendskapsbande is verstewig rondom 'n heerlike middagete, waartydens veral die manne bontgestaan het om die dames te bedien.
Die klub bedank die hoofborg, Stilbaai Spar vir hulle ruim skenkings om van die dag so 'n groot sukses te maak, sowel as Kekkel en Kraai wat hoendersosaties vir middagete geskenk het.
Uitslae
- Theresa Jones (lei), Paula Swanepoel (tweede) en Magda Robbertse (skip).
- Reinette van der Berg (lei), Marlene Newberry (tweede) en Ria Kruger (skip).
- Marie Boshof (lei), Marianne Uys (tweede) en Sophia Bischoff (skip).
Boshoff Visser-borgdag
48 Spelers het Woensdag 13 Maart in heerlike weer om vleispryse wat deur Boshoff Visser Stilbaai geborg is, meegeding.
Uitslae
- Winnie le Roux, Wouter Hugo, Jan Steyn en Nugget van Noordwyk.
- Vernie Nelson, Dup van Reenen, Magda Robbertse en Pieter Theron.
- Eben Maree, Marie Steyn, Elsie Erasmus en Piet Roodt.
Luanna van der Walt en Hermien Lourens van Boshoff Visser staan in die middel by die wenners van die Boshoff Visser-borgdag. Van links is Winnie le Roux, Wouter Hugo, Jan Steyn en Nugget van Noordwyk.
In die derde plek was Marie Boshoff, Marianne Uys en Sophia Bischoff.
Die tweede plek is deur Reinette van der Berg, Marlene Newberry en Ria Kruger ingeneem.
Van links is Theresa Jones, Paula Swanepoel en Magda Robbertse wat met die louere weggestap het. Heel regs is Elize Botha (klubsekretaris), wat die pryse oorhandig het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'