SUID-KAAP SPORT NUUS - 'n Stilbaaier was die afgelope naweek se top o.16-hengelaar in die Eden-hengelassosiasie se derde kompetisie.
Floris Marais van dié kusdorp het daartoe bygedra dat Stilbaai tans in die tweede plek in die A-liga en die derde plek in die B-liga is.
Die kompetisie het op 16 November van 07:00 tot 15:00 by Klein-Brakrivier plaasgevind. Die Plettenbergbaai-hengelklub het ten spyte van baie moeilike omstandighede die beste gevaar en 120,54 punte bymekaar gemaak.
Michael Bachle van Plett het die grootste oneetbare vis, 'n blou pylstert van 16 kg ingeweeg. Jacques Snyman van Triton-klub op Mosselbaai het die grootste eetbare vis, 'n mosselkraker van 7,2 kg geland.
Wesley Rapson (40,30) van Plett was die tophengelaar van die dag, Steve Denny (15,85) van Triton-klub op Mosselbaai was die topmeester van die dag. Adel Alkers (2,87) van Mosselbaai was die topdame en Johan Strauss (8,05) van Outeniqua die topgrootmeester. Bachle (16) was die top o.21, terwyl Marais 23,93 punte bymekaar gemaak het.
"Triton-hengelklub het die pryse vir die gelukstrekking geskenk en bedank al hul borge," sê Banie Vermeulen, woordvoerder.
Uitslae na die derde liga
A-liga: Outeniqua 399.82; Stilbaai 313.00; Plett 289.87; George 269.57; Atlantic 196.23; Triton 167.04; Mosselbaai 47.53.
B-liga: Outeniqua 216.76; Triton 116.56; Stilbaai 78.21; Plett 76.65; Atlantic 61.16; George 51.21; Mossel-baai 39.13.
C-liga: Triton 26.39; Outeniqua 22.03; George 19.09; Plett 5.01.
Die volgende kompetisie vind op 23 November plaas.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa, Tuinroete, Karoo nuus'