STILBAAI NUUS - Stilbaai-rolbalklub se Presidentsdag-toernooi is op Saterdag, 18 Junie in ysige koue en nat toestande afgehandel.
Wat die dag se spel betref het Stilbaai se Lidia Basson, Peter Alexander en Bessie Olivier in die eerste plek klaargemaak.
Tweede was Hartenbos se Gert Kruger, Lindi Kruger en Dixie van Rensburg.
In die derde plek was Witsand B met Anton Swanepoel, Marie Boshoff en Pieter Marais.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'