STILBAAI NUUS - Die tweede jaarlikse Hessequa Ope Rolbaltoernooi is hierdie jaar op Saterdag 27 Januarie aangebied deur die Stilbaai Rolbalklub en 22 spanne het in perfekte weer deelgeneem.
Die son was egter ongenadig en die spelers moes maar koes vir die warm strale.
Spanne van sover as Plettenbergbaai en Ladismith het die langpad aangedurf om op Stilbaai se pragtige bane te speel.
Uiteindelik was dit die span van Ladismith wat met die louere weggestap het met twee Stilbaai spanne wat tweede en derde klaargemaak het.
Die dag is moontlik gemaak as gevolg van Hessequa Munisipaliteit se sportontwikkeling strategie met hulle borgskap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’