STILBAAI SPORT NUUS - Stilbaai se hengelklub het die beste gevaar in die Eden-hengelassosiasie se vierde kompetisie wat op 23 November by Boggomsbaai gehou is.
Volgens Banie Vermeulen, mediawoordvoerder van die assosiasie was die toestande vir hengel gunstig vir en Stilbaai-hengelklub het daarin geslaag om 191,34 punte bymekaaar te maak.
Die deelnemers het by Stoepsit-restauraunt bymekaar gekom en van 07:00 tot 15:00 gehengel.
In die tyd het Elmaine Terblanche van Atlantic-hengelklub ’n yslike swart rog en Alex Schmidt van Triton-hengklub ’n lekker groot kabeljou gevang. Die ander delnemers was net so gelukkig en die blink lywe is een na die ander ingekartrol.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'