STILBAAI NUUS - Stilbaai-rolbalklub se eerste aksierolbaltoernooi vir 2023 het Donderdag 23 Februarie met 'n rekord getal van 18 spanne afgeskop.
Die toernooi strek oor ses weke en die eindronde word op 30 Maart beslis.
Met die vorige toernooi was die wenspan tot en met die laaste ronde nie 'n uitgemaakte saak nie en te oordeel aan die eerste ronde se spel wag daar nog sommer rowwe tweestryde.
Willie Welman stuur die bal sekuur af.
Charlene Naude.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'