SLANGRIVIER SPORTNUUS - Inwoners van Slangrivier kan met trots na hul nuwe pawiljoen uitsien wat by die plaaslike sportvelde opgerig word.
Grant Riddles, Hessequa se uitvoerende burgemeester en raadslid Ben Smith het Vrydag, 16 Julie die stadion besoek om te kyk hoe bouwerk daar vorder.
Albei was duidelik in hulle skik met die vordering en kwaliteit van die vakmanskap tot so ver.
Riddles het die werkers geloof vir hul vordering, maar hulle ook gemaan om versigtig te wees en te alle tye die Covid-19-protokol toe te pas, selfs wanneer hulle van diens is.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'